HERBERTSDALE NUUS - Die landbouer van Herbertsdale, Frik Muller wat daarvan beskuldig word dat hy in drie voorvalle tussen 6 Desember 2017 en 25 Februarie 2018 mense op sy plaas aangerand het, se saak is in die Mosselbaai-streekhof tot 5 Maart 2019 uitgestel.
Muller is aanvanklik op Sondag 4 Maart omstreeks 17:00 op sy plaas in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
In die distrikshof is 11 klagtes, onder meer van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding gewoon, beskadiging van eiendom en die besit van onwettige vuurwapens teen Muller gebring.
Sy herhaalde pogings om borgtog het misluk.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'