GEORGE NUUS - 'n Groepie vroue van die George-vrouelandbouvereniging (VLV) samel tans bederfboksies in vir vroue in droogtegeteisterde areas as deel van die landwye Boks vir 'n Boervrou-projek.
Skoenbokse word gevul met produkte waarmee hierdie vroue hulleself kan bederf.
Anne-Marie van Wyk sê 'n mens vergeet soms van die vrou op die plaas. "Sy wat saam met haar man voor God staan en bid vir reën, wat sien hoe haar man met geboë skouers elke dag die plaas in stap, wat daar is wanneer die trane oor sy stowwerige wange loop en hy dit vinnig met sy growwe hande wegvee wanneer hy moet kyk hoe nog 'n dier op sy plaas vrek as gevolg van die droogte en die feit dat die weivelde dor en droog is."
Hulle nooi die publiek uit om hierdie projek te ondersteun en bederfboksies op te vul met lekkernye, bemoedigende woorde, Capuccino-sakkies, Lip-ice, koekies, 'n mooi kers, droëvrugte, handeroom of ander items wat 'n vrou se hart sal blymaak.
Die opgemaakte bederfboksies kan afgelewer word by die volgende punte (wees op die uitkyk vir die trollies waarin dit geplaas kan word):
George
- Heatherpark Spar
- Wellington Spar
- Weldons Oogkundiges - Yorkstraat
- Niqua Sekuriteit - Nelson Mandela Blvd (George-nywerheidsgebied)
- Anne-Marie van Wyk - 062 210 3706
- Sanette Louw - 082 671 9423
- Andiah Myburgh - 082 868 2933
Mosselbaai
- Catchalot (Nanette)
Bederfbokse kan tot 9 November by hierdie punte afgelewer word.
Hulle nooi die publiek uit om hierdie projek te ondersteun en bederfboksies op te vul met lekkernye.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'