Update
GEORGE NUUS - Die George Herald het pas bevestiging ontvang dat Johan du Preez, die hawelose man wat Dinsdagaand, 10 November in ‘n insident met ‘n Go George-bus betrokke was, oorlede is.
“’n Persoon wat aan die beskrywing voldoen is gister [Vrydag 13 November] oorlede. Die hospitaal was nog nie suksesvol om enige familie op te spoor nie,” het Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, vanoggend Saterdag 14 November, gesê.
Volgens onbevestigde inligting het die voorval by die verkeerslig waar Industrial- en Missionstraat kruis, plaasgevind toe Du Preez omstreeks 19:00 daardie aand voor ‘n Go George-bus ingeloop het.
‘n Navraag vir kommentaar rakende Du Preez se dood, is aan Go George gestuur. Terugvoer word binnekort verwag.
Du Preez se getroue hond, Fix, het die aand van die ongeluk saam met hom in die ambulans tot by hospitaal gery waar Tuinroete DBV-inspekteur, Henrico Pypers, Fix na veiligheid geneem het. Fix is steeds by die DBV.
Fix het glo die heeltyd styf teen Du Preez gesit en nie vir ‘n oomblik sy baas se sy verlaat nie.
Du Preez het glo ‘n suster in Vanderbijlpark. Enigiemand wat moontlik kontak het met Du Preez se familie word gevra om die hospitaal by 044 874 5122 te kontak.
Condolences from bus service
In a press statement the Go George bus service conveyed their condolences to Du Preez's family by saying: "Go George took note with regret of the passing of Mr Johan du Preez, the pedestrian involved in an incident with one of our buses on Tuesday night. We express our sincere condolences to the deceased's next of kin."
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'