GEORGE NUUS - Weens die ongunstige weersomstandighede wat voorspel word vir die naweek, was Carpe Diem Skool genoop om hulle Potjiekos Fair, wat komende Saterdag, 28 Oktober, sou plaasvind, uit te stel tot volgende jaar.
Daphne Dissel van die skool se OOV het gesê hulle is diep teleurgesteld en het Carpe Diem se opregte dank betuig aan al die voornemende deelnemers en kunswerk stalletjies wat hulle gereed gemaak het vir die dag.
“Dankie vir die tyd en moeite in die voorbereiding van jul potjies en stalletjies. Ons waardeer julle deelname en die ondersteuning van ons skool.
“Ons wil ook 'n spesiale woord van dank rig aan ons borge. Julle bydraes is van onskatbare waarde, en ons sien uit na die voortsetting van hierdie wonderlike samewerking in die toekoms.”
Dissels het egter goeie nuus! “Ons het besluit om die Potjiekos Fair uit te stel tot 16 Maart 2024. Ons glo dat dit ons die geleentheid gee om 'n onvergeetlike en suksesvolle geleentheid vir ons gemeenskap te bied." Meer inligting sal verskaf word in die nuwe jaar.
“Ons vra vir begrip en ondersteuning in hierdie besluit, en ons sien uit na 'n fantastiese Potjiekos Fair in Maart.”
Vir meer inligting kontak Daphne Dissel by carpediemgeorge@gmail.com.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’