GEORGE NUUS - Die jaarlikse Kwagga-langtafel was Vrydagaand 2 Maart weereens groot pret.
Die funksie se tema was gemik op die era toe die skool 95 jaar gelede gestig is en het volgens gaste perfek by die Outeniqua-vervoermuseum se glorieryke erfenis en skatte ingeskakel.
Ten spyte van die ligging se verskuiwing het gaste vanjaar weer in groot getalle by die perron in hul beste gatsby-uitrustings opgedaag om die gewilde geleentheid te vier.
Die prentjiemooi aand is afgerond met vermaak deur Hoërskool Outeniqua se musikeikleerders onder leiding van, Karen Netley, dansoptredes gechoreografeer deur Wehan van Jaarsveld en vrolike melodies deur die jazz-band onder leiding van Lynette Petersen.
Vanjaar se Kwagga-langtafel sal onthou word as 'n aand vol pret.
Bedankings
Salome Bruyns, Tuinroete DBV se senior inspekteur, het die hoofborg bedank dat die Tuinroete DBV as begunstigde geïdentifiseer is, "Die donasies word opreg waardeer.
"Die geld sal aangewend word vir die behandeling van diere afkomstig van minderbevoorregte areas."
Christo Vorster, Hoërskool Outeniqua se skoolhoof, het die ouers van leerders bedank vir hul passievolle deelname en betrokkenheid by die sosiale hoogtepunt op die Kwaggas se kalender.
Hoërskool Outeniqua bedank al die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het en vir hul lojale ondersteuning; The Grocery Express (hoofborg), George Herald (media borg), FNB, Oakhurst Insurance, Eonmedia, Loerie Bakkery, SND Productions, Lew Geffen Sotheby's International Realty, Pure Craft and Foods, Van Rensburgs Foods en Jakkalsvlei Private Cellar.
Optredes op die verhoog het die gaste goed vermaak.
Luukse akkommodasiepryse is ook vir die geleentheid geskenk deur The Village Lodge by Botlierskop, Gourikwa-natuurreservaat en die Shanzeley-gastehuis in die Langkloof.
Sien nog 'n artikel en foto's op bladsy 24 van môre se George Herald.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'