GEORGE NUUS - Nege erwe van Fancourt is vanoggend, Vrydag 25 Februarie, vir 'n totaal van net minder as R8 miljoen verkoop.
Afslaer Louis van Rensburg van Van Rensburgs Veilings het gesê die pryse behaal het hulle verwagtings oortref.
Die duurste erf het R1 325 000 behaal en die goedkoopste erf het gegaan vir R800 000.
"Dis rekordpryse vir 'n gewone dorpsgebied. Ons het tussen R600 000 en R700 000 per erf verwag," het Van Rensburg gesê.
Die erwe is almal groter a 1 000 vierkante meter en is geleë in Soeteweidestraat, Blanco, aan die noordwestekant van Fancourt.
Vorige artikel: Groot belangstelling in veiling van 9 Fancourt-erwe
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'