GEORGE NUUS - Twee mense is in 'n ongeluk in CJ Langenhovenweg beseer toe twee Corsa-voertuie gebots het. Die voorval het omstreeks 22:00 verlede Vrydag plaasgevind. 'n Bestuurder van een van die motors het na bewering beheer oor die voertuig verloor, terwyl sy onderweg was in die rigting na Blanco.
Volgens kapt. Nolonwabu Tshengu, George-polisie kommunikasiebeampte, het die voertuig oor die pad geswenk en met 'n tweede Corsa-motor gebots wat in die teenoorgestelde rigting beweeg het.
Die eerste motor het gerol en op sy dak beland. Die bestuurder van hierdie motor het kopbeserings opgedoen en is na 'n hospitaal geneem. Volgens inligting is die bestuurder van die tweede Corsa, 'n man, vir ligte beserings behandel.
Die brandweer, verkeer, paramedici van ER24 en Eden 911, sowel as die polisie, was op die toneel.
'n Ongeluk het Sondag laatoggend by die kruising voor die Garden Route Mall plaasgevind.
'n Ongeluk het Sondag laatoggend by die kruising voor die Garden Route Mall plaasgevind.
'n Voertuig het Sondagoggend naby die Glentana-afdraai gebrand. Volgens onbevestigde inligting is niemand in die voorval beseer nie. Brandweerdienste was op die toneel. Teen druktyd is geen kommentaar oor die voorval ontvang nie.
'n Ongeluk waar 'n sleepwaentjie betrokke was, het Sondag laatoggend by die verkeersligte voor die Garden Route Mall plaasgevind. Beamptes van die plaaslike brandweer, polisie en verkeersdienste was op die toneel. Teen druktyd is geen terugvoer oor die ongeluk ontvang nie.
Twee Corsa motors het verlede Vrydag in CJ Langenhovenweg gebots.
Twee Corsa motors het verlede Vrydag in CJ Langenhovenweg gebots. Een van die motors het tydens die botsing gerol en op sy dak beland.
Lees 'n vorige artikel: 2 in botsing beseer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'