GEORGE NUUS - Twee mense is vanaand kort voor 22:00 in 'n botsing in CJ Langenhovenstraat beseer.
Een van die beseerdes het na bewering beheer oor hul voertuig verloor, waarna die botsing plaasgevind het.
Die voertuie het in teenoorgestelde rigtings beweeg. Volgens inligting is die bestuurder van een van die voertuie, 'n man, vir ligte beserings behandel, terwyl 'n vroulike bestuurder wat in die rigting na Oudtshoorn beweeg het, kopbeserings opgedoen het.
Beide Eden911-nooddienste en ER 24 was op die toneel.
Die beseerdes is vir behandeling na 'n hospitaal vervoer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'