Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die protesoptog het die siviele departement in Yorkstraat bereik. Sowat 30 deelnemers, waaronder lede van tradisionele Khoi-huise, wag tans op ander betogers wat vanaf Knysnaweg onderweg is.
Volgens lede van die Khoi-gemeenskap ondersteun hulle die busdienskwessie ten volle.
Hulle het egter bygevoeg dat hulle betoog teen algehele onderdrukking.
"Dit is vandag Afrikadag. Dit gaan oor die liberation van ons mense," het een deelnemer verduidelik.
Na verwagting sal die oorhandiging van die memorandum omstreeks 13:00 plaasvind.
Kyk 'n video hieronder:
Deelnemers aan vanoggend se protesoptog voor die siviele departement in Yorkstraat.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'