Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die protesoptog wat vandag plaasvind is wettig. Volgens munisipale woordvoerder Chantel Edwards-Klose, het die munisipale aansoek vir die protesoptog die regte proses gevolg.
“Die doel van die optog is by die betrokke vergaderings as gemeenskaps- en sakegriewe ingedien. Die munisipaliteit wag dus op die ontvangs van die memorandum,” het sy gesê.
Die betogers is tans in Yorkstraat onderweg en behoort binnekort die George-munisipaliteit te bereik.
Kyk 'n video hieronder:
Polisieteenwoordigheid voor die siviele departement in Yorkstraat.
Vorige artikel: Planne in plek vir betoging vandag
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'