Update
GEORGE NUUS - 26 Mense is beseer toe 'n vragmotor met sowat 70 mense agterop vanaand omstreeks 18:00 met 'n Volkswagen-nutsvoertuig op die pad tussen Redberry Farm en Tramonto gebots het.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie het die Volkswagen uit die rigting van die aarbeiplaas gekom en die vragmotor in die teenoorgestelde rigting.
Die son het die bestuurder van die Volkswagen verblind waarna sy in die teenoorgestelde baan beland het.
Die vragmotorbestuurder het die ongeluk probeer vermy, maar die voertuie het mekaar op die sy getref.
Albei voertuie het op hul sy langs die pad beland.
Die omvang van die passasiers en bestuurders se beserings is nog nie bekend nie.
Die pad is oop vir verkeer.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Die Volkswagen langs die pad.
Die vragmotor.
Lees 'n vorige artikel: Vragmotor slaan om, werkers beseer
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'