Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die algemene verkiesing vind op 29 Mei plaas en politieke partye is besig om hul senior leierskap in te span om stemme te werf.
Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, is vandag, 19 April in George.
Sy het vanoggend die Baptiste kerk in Parkdene besoek waar sy met die jeug gesels het. Sy het onder meer gewys op die belangrike eienskappe waaroor leiers moet beskik.
In vraetyd het van die jeug kommer uitgespreek dat hulle voel die jeug in die landelike gebiede word afgeskeep.
Zille het aan George Herald gesê sy is in George as deel van die party se verkiesingsveldtog. Voorts om seker te maak dat die party in George gerat is.
Sy het 'n beroep op kiesers gedoen om op 29 Mei te gaan stem.
VIDEO - Helen Zille by die Baptiste kerk in Parkdene:
Video: Eugene Gunning
VIDEO - Hanna Clark, 'n inwoner van Rosemoor, het vanoggend 19 April, tydens Helen Zille se besoek van haar kommer en frustrasies oor die situasie in die gebied met die DA-leier gedeel:
Video: Eugene Gunning
Photos: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’