Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - ‘n Pleidooi dat eiendomsreg verbreed word is Saterdag deur Virgill Gericke, die leier van die Plaaslik Besorgde Inwoners (PBI) gelewer.
Hy het gepraat by die bekendstelling van die party se provinsiale verkiesingsmanifes. Gericke is ook die PBI se premierskandidaat.
Die leierskap van die PBI was ook teenwoordig. Onder hulle was die PBI se nasionale sekretaris, Claire Kleinhans, die nasionale tesourier, Lorraine Heyser, die adjunk-president, Louise Samson, die PBI se kandidaat vir wyk 17, Ansie Greef, wyk 14 se kandidaat, Sophia Tool en raadslid Patrick Buys.
Die geleentheid is by Eagles Nest ministries in Pacaltsdorp gehou en die saal was stampvol.
Gericke het gesê hy gee toe daar kan nie huise vir almal gebou word nie. Die waglys vir huise in George alleen is byna 20000 huise. Daarby is is nie eers ingereken byvoorbeeld Knysna, Sedgefield, Kaapstad en ander plekke in die provinsie nie.
As die regering nie vir almal kan huise bou nie, gee dan vir die persoon wat in ‘n agterplaas woon ‘n stukkie grond en die titelakte daarvoor.
Kyk video's hieronder:
Virgill Gericke.
Gee dan ook vir die eienaar dienste soos water en elektrisiteit. Dit is PBI beleid. Hy het onderneem dat die PBI hulle daarvoor sal beywer van die eerste dag dat hulle in die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer verkies is.
Llu-Kayden Olivier,die PBI-jeugleier het gesê op Vryheidsdag is daar goeie en slegte nuus.
Die geleentheid is by Eagles Nest ministries in Pacaltsdorp gehou en die saal was stampvol.Die goeie nuus is dat die jeug sonder twyfel op 8 Mei vir die PBI gaan stem.
Die geleentheid is by Eagles Nest ministries in Pacaltsdorp gehou en die saal was stampvol.
Lees 'n vorige artikel: Virgill Gericke gesels oor die verkiesing
'Ons bring jou die nuutstse George, Tuinroete nuus'