Update
GEORGE NUUS - Annari Cronjé (40), die munisipale werknemer wat skuld beken het op strafbare manslag nadat sy in 'n munisipale vragmotor vir Jelandré Afrika (8) in 2021 op die sypaadjie in Rosedale doodgery het, word vandag in die George-landdroshof gevonnis.
Jelandré, haar neef, en drie vriende was op pad van die winkel af huis toe toe sy onder die vragmotor se wiele beland het.
Sy is op die toneel dood.
Jelandré was een van 'n stel tweeling en die jongste van ses kinders.
Vorige artikels:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’