Update
GEORGE NUUS - Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die afgetrede dominee, Louis Ronald Petersen (84), verlede September by sy huis in Pacaltsdorp aangeval en beroof het, het Maandag 8 Junie hul eerste verskyning in die George-streekhof gemaak, waar hul verhoor binnekort sal begin.
Eldrin 'Whitey' Nimmerhout en Ricardo Prins is sedert hul inhegtenisneming, kort ná die voorval, in aanhouding.
Die saak is tot 9 Julie uitgestel sodat die beskuldigdes met hul regsverteenwoordiger kan konsulteer voordat die verhoor begin.
Petersen is verlede September in sy motorhuis in Disastraat aangeval en ernstig aangerand.
Hy het pas van die dorp af teruggekeer toe 'n man na bewering sy voertuig se deur oopgeruk het.
Hy is glo met 'n replika-vuurwapen gedreig en beroof.
Ná 'n gestoei het hy daarin geslaag om te ontsnap en hulp by bure te gaan soek, maar toe hulle na die toneel terugkeer, was die aanvallers en die gesteelde items reeds weg.
Vorige artikels:
- Attack on retired minister: Case transferred to Regional Court
- Aanval op pastoor, twee môre in streekhof
- Saak teen verdagtes in gewelddadige aanval op 84-jarige predikant weer uitgestel
- Elderly attacked in Pacaltsdorp: Retired reverend recalls brutal attack
- Community helps as suspect is arrested two days after brutal Pacaltsdorp house robbery
- Stolen goods recovered after Pacaltsdorp house robbery
- Elderly man forced into car during violent Pacaltsdorp robbery
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’