Update
GEORGE NUUS - Die man (22) wat in Mei 2024 vir die verkragting en moord op Geonique Pieterse (16) van Protea Park gearresteer is, het vroeër vandag, Woensdag 15 Januarie, in die Thembalethu-streekhof verskyn.
Die saak is uitgestel tot Woensdag 5 Februarie, wanneer die beskuldigde glo gaan pleit.
Pietese is bekend aan die beskuldigde, maar as gevolg van die seksuele aanklag teen hom, moet sy naam weerhou word totdat hy pleit.
Hy het destyds sy borgtogaansoek van die hand gewys.
Pieterse se liggaam is op Sondagoggend, 28 April 2024, deur haar jong broer en neef op haar bed in haar ouers se huis in Parkstraat gevind.
Die polisie is omstreeks 11:00 na die toneel geroep.
Daar was tekens van 'n struweling, maar Geonique het geen duidelike wonde opgedoen nie.
Vorige artikels:
- Teenager's murder: Man back in court tomorrow
- Court case postponed pending DNA results
- Man abandons bail application in murder, rape case
- Teenage girl found murdered at home
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’