Gallery Sponsored Content
STILBAAI NUUS - Ellenrust Leefstyloord in Stilbaai bied nou splinternuwe ateljeewoonstelle teen R1,36 miljoen, ’n ideale leefopsie vir persone wat onafhanklik wil bly, maar steeds die gerief van ’n ondersteunende gemeenskap en professionele sorg binne bereik wil hê.
Die stylvolle woonstelle is ontwerp vir ’n moderne toesluit-en-ry-leefstyl en beskik oor ’n goed beplande oopplanuitleg, ’n moderne kombuisie en ’n privaat stoep waar inwoners die vars seelug kan geniet.
Met kwaliteit afwerkings en ’n praktiese uitleg is elke eenheid gemaklik, elegant en maklik om te onderhou. Die agt eenhede is boonop strategies naby die gesondheidsorgfasiliteite vir ekstra gerief geleë.
Nuwe kombuis en versorgingseenheid open binnekort
’n Groot hoogtepunt by Ellenrust is die opening van hul nuwe kombuis, wat vanaf 1 Junie operasioneel sal wees. Hier sal inwoners daagliks maaltye kan geniet en sosiale geleenthede bywoon, ’n belangrike deel van die oord se fokus op gemeenskap, veiligheid en lewenskwaliteit.
Die oord brei verder uit met ’n volwaardige versorgingseenheid (siekeboeg) wat op 1 Julie sy deure open. Dié fasiliteit bied 24-uur verpleegkundige sorg met opgeleide verpleegkundiges en versorgers en alle maaltye en daaglikse versorging word voorsien. Die eenheid beskik oor 30 beddens.
Eienaars van Ellenrust-wooneenhede geniet ’n uitsonderlik lae tarief vir hierdie sorgdienste, ’n groot voordeel vir inwoners wat vooruit beplan vir toekomstige behoeftes. Die versorgingseenheid sal ook buitepasiënte akkommodeer.
’n Leefstyl van gerief en gemoedsrus
By Ellenrust word inwoners deel van ’n warm en verwelkomende gemeenskap met pragtige tuine, veilige omgewing en professionele bestuur. Die oord is ideaal geleë, slegs minute vanaf winkels, mediese fasiliteite en die Indiese Oseaan, perfek vir rustige aftrede of aktiewe kuslewe.
Moenie hierdie geleentheid misloop om een van die beperkte eenhede te bekom en die sekuriteit van geïntegreerde sorg en onafhanklike leefstyl te kombineer nie.
Ellenrust Leefstyloord - waar onafhanklikheid en sorg hand aan hand gaan.
Kontak Carine by 067 595 1321 of Petro by 066 354 0183 om ’n privaat besigtiging te reël en neem die eerste stap na jou nuwe leefstyl.
Ellenrust Leefstyloord - waar onafhanklikheid en sorg hand aan hand gaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’