GEORGE NUUS - 'n Pleidooi vir meer landbouskole in die Tuinroete is vanmiddag (6 November) deur dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, gelewer.
Meyer was die gasspreker by 'n geleentheid by die George-skouterrein wat deur verskeie landbouers en sakeleiers bygewoon is.
Leon van Wyk, George se burgemeester, ander burgemeesterskomiteelede en Gerrit Pretorius, speaker van die stadsraad, het ook die geleentheid bygewoon.
Meyer het 'n oorsig van die landbousituasie in die Wes-Kaap gegee en ook gewys op die belangrike bydrae van landbou in die ekonomie van die Tuinroete. Hy het gewys op die belangrikheid van navorsing en opleiding.
Meyer het gesê dat daar op die oomblik net een landbouskool in die Tuinroete. Daar moet vier wees.
Hy het gesê alle belanghebbendes moet saamwerk sodat meer landbouskole in die streek gevestig kan word.
Volgens hom het ‘n jong seun wat landbou studeer en op 'n plaas stap 'n ander ingesteldheid.
Meyer het reeds met die onderwysdepartement gepraat om meer geld opsy te sit vir landbouskole.
Lees meer in volgende week se George Herald.
Van die aanwesiges wat vanmiddag die vergadering van die Wes-Kaapse minister van landbou, dr. Ivan Meyer by die George-skouterrein bygewoon het. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'