'Boombeskermer', George:
Toe ek op Vrydag 21 April, met my motor in Yorkstraat afry en net voor die eerste draaisirkel kom wat in aanbou is, sien ek tot my ontsteltenis 'n redelike groot boom wat net bokant die grond afgesaag is.
Ek skat die boom moet meer as twintig jaar oud wees en is in 'n baie gesonde toestand.
Langs die boom is 'n houtpen wat gedeel-telik wit en blou geverf is. Ek raai dit is die posisie vir 'n nuwe straatlig.
Hoe kon enigiemand dit oor die hart kry om hierdie mooi boom af te saag wat seer sekerlik jare gelede met baie liefde geplant is om die straat te versier?
In George het ons die afgelope jare baie bome langs die strate verloor, maar deur 'n ander tipe indringer. Hierdie een blyk menslik te wees wat swak oordeel toegepas het. As dit die gevolg van die beplanning van die straatligposisies was, kon die skuif van 'n paar kolletjies op 'n plan met inagneming van waar die bome is, dit tog vermy het. Laer af in die straat is daar redelik aan die bome van 'n ander spesie gesnoei, maar dit is meer diskreet gedoen.
Ek wil graag glo dit was 'n misverstand, maar wat is die waarheid hieragter?
Ek hoop hierdie fout, indien dit wel een was, sal daartoe lei dat 'n nuwe groot boom naby die plek van hierdie gevelde boom geplant sal word.
Nosidima Vumindaba, manager for Parks and Recreation, George Municipality, responds as follows:
The developer has permission to remove the trees and has committed to replacing the bottlebrush trees with a 2 x 20-litre pot size of indigenous trees and replacing each Plane tree that they remove with a 10 x 20-litre pot size of indigenous trees. They also have the necessary permits from the Department of Forestry, Fisheries and the Environment (DFFE) for the champion trees that they will be removing.