Ek lees die berug waarin die Stasiebevelvoerder van Conville mense waarsku aangaande die selfoon grypers.
My vennoot het al 2 keer deurgeloop onder die helsems,om net by die polisie te hoor "ag dit hou al so lank aan", maar daar is niks wat hulle daaromtrent kan doen nie.
Sigbare polisie of polisie patrolie het ek nog nooit in die area gewaar nie. Wel beamptes 4 in n voertuig by wegneem kos plekke.
Die Bevelvoerder se hande is seker ook afgekap.
Baie dankie aan die buurtwagte en besighede wat werkers buite plaas om mense te beskerm.