Susan, George:
Verwys na die artikel van "hawelose-sentrum" bl. 12 van George Herald 2 September 2020. Cremhog wil nou 'n mank perd opklim. Die erf waarop hulle die hawelose-sentrum wil bou is hopeloos te klein as jy in ag neem dat die haweloses binne 'n jaar gaan verdubbel, en daar gaan definitief baie van ander dorpe na George toe kom.
Hoe identifiseer jy nou wie is haweloos al dan nie, en hoe sê jy nou as die plek vol is vir 'n hawelose daar is nie meer plek nie (hulle wegwys), dan gaan hulle maar net weer hulle bokshuisies op die stoepe van die omliggende besighede maak, en dit word weer besighede se probleem.
Waarheen gaan Cremhog as die sentrum uit sy nate bars?
Hulle gaan binne 'n jaar verdubbel, en waarheen dan, dit kos baie om hul slaapplek te gee en te voed, en donateurs is nie 'n gewaarborgde inkomste nie. Die munisipaliteit moet goed na die voor- en nadele kyk van so 'n projek, anders word dit net weer hul probleem.