GEORGE NUUS - Die Tuiniqua-dienssentrum nooi die publiek na ’n gesellige winteraand van musiek, heerlike kos en kuier op Donderdag 6 Augustus om 18:00.
Die gewilde sanger Tobi Jooste tree by die geleentheid op en sal gaste op ’n musikale reis na Parys neem.
Besoekers kan uitsien na ’n keuse van drie smaaklike soppe, ’n broodtafel om te deel, asook onbeperkte sjerrie, koffie en tee.
Kaartjies is aanlyn by Quicket beskikbaar, of kan by Tuiniqua-versorgingsentrum in Kerkstraat gekoop word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’