TUINROETE NUUS - Die skrywer en kunskenner Matthys Strydom se jongste boek, Nog stories teen my muur, is deur die South African Independent Publishers (SAIP) aangewys as 2021 se beste kunsboek.
In 2017 het Strydom se vorige boek, Stories teen my muur, die eerste plek in SAIP se memoires-kategorie gedeel met die boek I am deur Luthando Lucas.
Nog stories teen my muur word komende Saterdag 6 November om 10:30 by Die Waenhuis Gastehuis, Caledonstraat 11 in George bekendgestel, met die skrywer Riana Scheepers in gesprek met Strydom.
Die bekendstelling is ook deel van George-biblioteek se Make your mark-maand.
Beide boeke belig Strydom se interaksie met Suid-Afrikaanse kunstenaars as eienaar van Strydom Galery in George van 1969 tot 1999, en laat die gloriedae van die galery, kunstenaars en kunswerke herleef. Pragtige foto’s van die kunswerke maak die boeke ‘n lus vir die oog. Nog stories teen my muur is R450, Stories teen my muur is R350 en die twee saam is R700.
Om 'n stoel by die boekbekendstelling te bespreek, kontak Madeleine Smuts van Die Waenhuis by 083 461 9302.
VERWANTE ARTIKEL: Nog stories is 'n leesfees
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'