GEORGE NUUS - Jak de Priester tree môre, Donderdag 17 September, vir die eerste keer by die George-kunsteteater op met sy nuutste vertoning, Jak de Priester - Van Sally tot Somerset-Wes.
Die vertoning vier 25 jaar sedert sy deurbraaktreffer Sally Williams Nougat in 2001, wat die begin van ’n suksesvolle loopbaan in Afrikaanse musiek ingelui het.
De Priester het in 2002 die ATKV-Crescendo-kompetisie gewen en sy debuutalbum bekendgestel.
Nou kyk hy terug op sy musikale reis met ’n vertoning vol geliefde liedjies en stories. Sy nuwe boek, Van Sally tot Somerset-Wes, word ook tydens die geleentheid bekendgestel.
Benewens sy musiek is De Priester ’n bekende op televisie, onder meer as aanbieder van Koppieteefontein en Reis na Gister.
Sy stem is ook bekend as deel van die kenwysie van Binnelanders.
Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos R190. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets. - Saamgestel deur Michelle Pienaar
Jak de Priester
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’