VERMAAKLIKHEIDSNUUS - Drie jaar nadat hy die heel eerste kunstenaar was wat by die Markteater opgetree het, keer Emile Minnie op Saterdag 11 Julie terug na die verhoog met sy vierde fondsinsamelingskonsert ten bate van die teater.
Volgens Heather Stead, direkteur van die teater, was Emile se eerste optrede in 2023 'n besonderse mylpaal.
"Hy moes destyds sy eie klank- en beligtingstoerusting saambring. Om te sien hoe die teater sedertdien gegroei het, is ongelooflik, en ons is baie trots om hom weer hier te verwelkom," sê sy.
Benewens sy konsert stel Emile ook sy nuwe boek, Vars uit Oesbekistan, bekend.
Die boek neem lesers op 'n reis na die hart van Sentraal-Asië deur die oë van 'n Suid-Afrikaanse musiekonderwyser wat tydens die Covid-pandemie besluit het om 'n nuwe lewe in Oesbekistan te begin.
Met humor, heimwee en verwondering deel hy sy unieke ervarings van die Oesbek-kultuur en die uitdagings én vreugdes van 'n lewe in 'n onbekende land.
Emile Minnie in Concert begin om 18:30 op Saterdag 11 Julie. Kaartjies is by Heather Stead by 072 369 3304 of by die deur beskikbaar.
Vars uit die pen van Emile Minnie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’