Korps-veterane byeen op Menseregtedag

Plaaslike veterane van die SA Kaapse Korps, van links: John Bruinders, Franco Simmers (provinsiale koördineerder) en Clinton Murphy, eerste adjunkpresident van die SAKK. Foto: Alida de Beer

GEORGE NUUSFLITS - Veterane van die SA Kaapse Korps (SAKK) in die Suid-Kaap hou môre op Menseregtedag 'n byeenkoms by die Outeniquapark-stadion in George.

Die verrigtinge begin om 10:00. Luke Plaatjies, die SAKK se nasionale president, is die hoofspreker.

Volgens Pacaltsdorper Clinton Murphy, eerste adjunk-president van die SAKK, is die doel van die byeenkoms om bruin veterane se stemme te laat hoor oor hul ontevredenheid oor die regering se ontkenning van hul regte.

Murphy sê hulle het nie toegang tot die voordele wat hulle toekom kragtens die Weermagsveteranewet van 2011. Ingevolge dié wet geniet veterane onder meer mediese, pensioen- en begrafnisvoordele.

Hy sê die onvermoë van die Departement van Militêre Veterane om administratiewe funksies behoorlik uit te voer, gee aanleiding daartoe.
 
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn. 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald