Woendende inwoners van Rosedale in Pacaltsdorp het vanoggend ‘n vermeende dwelmhuis in die plakkerskamp afgebreek.
GEORGE NUUSFLITS & VIDEO - Woendende inwoners van Rosedale in Pacaltsdorp het vanoggend ‘n vermeende dwelmhuis in die plakkerskamp afgebreek.
Die eienaar van die plakkershut het na bewering vroegoggend ‘n 14-jarige skoolseun beroof en met ‘n mes gesteek terwyl hy onderweg skool toe was.
Die verdagte is kort na die voorval deur die inwoners aangekeer en aangerand. Hy is later vir mediese behandeling na die hospitaal geneem.
Joanie Jantjies-Visagie, ‘n gemeenskapsleier en die nasionale organiseerder van South African Religious Civic Organisation (Sarco), het gesê inwoners is keelvol vir die dwelmaktiwiteite in die area. “Ons kinders en mense is nie meer veilig nie. Hulle roof en breek in. Ons mense is arm genoeg, ons is moeg,” het sy gesê.
Jantjies-Visagie sê nog twee ander plakkershutte is afgebreek en inwoners het nog vier ander inwoners wat vermoedelik dwelms in die area verkoop gewaarsku dat hulle die aktiwiteite moet stop of die volle mag van die gemeenskap sal voel.
Die inwoners beplan om Sondag ‘n vergadering te hou om die pad vorentoe te bespreek.
Kyk 'n video hier onder.
Joanie Jantjies-Visagie, ‘n gemeenskapsleier en die nasionale organiseerder van South African Religious Civic Organisation (Sarco), het gesê inwoners is keelvol vir die dwelmaktiwiteite in die area.