GEORGE HENGEL NUUS - Die Triton-hengelklub van Mosselbaai het die Eden-hengelvereniging se tweede winterliga-byeenkoms, wat tussen Stilbaai en Knysna aangebied is, gewen,
Triton het 76.88 punte ingesamel vir sy oorwinning.
David Swarts (Triton) was die tophengelaar van die dag met 33.61 punte. Christiaan Buchle (onder 16), van Knysna-hengelklub, was die topjunior met 12.82 punte.
Die topmeester was Willie Vorster van Stilbaai-hengelklub met 24.22 punte en die beste vrouehengelaar was Mariette Westraadt (Stilbaai) met 18.63 punte.
Brian Fuchs (Triton) se swart mosselkraker van 6,70 kg was die grootste eetbare vis wat ingekatrol is en Hendrico Lesch (Outeniqua-klub) se sloephaai van 24,64 kg was die swaarste oneetbare vis.
Die 73 hengelaars wat in aksie was, het altesame 469,77 kg vis gevang. Daarvan was 84 oneetbaar en 53 eetbaar. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Die topvyf spanne na afloop van die byeenkoms is:
- Stilbaai-Stilmonsters (126.78).
- Triton-Bronze Whalers (114.57).
- Outeniqua-Clutchcables (92.65).
- George-Bosvarke 91.35.
- Knysna-Team Extreme (87.72 ).
Die volgende kompetisie is op Saterdag 21 Julie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'