GEORGE SWEM NUUS - Vyf lede van Fish Eagle Aquatics in George, het van 14 tot 18 April aan die SA nasionale junior (SANJ)-kampioenskappe in Stellenbosch deelgeneem en ses medaljes losgeswem.
Renier van Greunen het twee medaljes in sy ouderdomsgroep verower, 'n goud vir die 50 m-borsslag en silwer vir die 100 m.
Wido Rudolph het ook twee medaljes in sy ouder-domsgroep huis toe gebring. Hy het 'n goud vir die 50 m-borsslag en 'n brons in die 100 m.
Matthew Tindall het 'n silwermedalje in die 50 m-vlinderslag gewen en brons in die 50 m-borsslag in sy ouderdomsgroep.
Al die seuns is by Fish Eagle Aquatics geregistreer met Franna Vorster van die Garden Route Swim School as hulle instrukteur.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'