Die senior A- en B-span is die huidige kampioene en sal hul titels teen van die beste hengelaars in die land moet verdedig.
Die spanne is saamgestel uit die beste hengelaars van klubs in die streek.
Ander spanne, wat in die vorige kampioenskappe goed gevaar het, is die damesspan (5de), meesterspan (9de), grootmeesterspan (4de) en o.21-span (4de). 'n o.16-span is ook saamgestel om Suid-Kaap te verteenwoordig.
Nico Lesch, lid van die grootmeesterspan, en sy drie seuns, Rigard, Ruan en Henrico, is almal in die Suid-Kaapse spanne ingesluit. Regard is hulp-spanbestuurder van die A-span. Voorwaar 'n gesin met soutwater in die are.
Die spanne is:
Seniorspan: Hennie Kleyn (bestuurder), Rigard Lesch (hulpbestuurder), Steve Denny (kap-tein), Renier Cronje, Niel de Jager, AJ de Beer, Ruan Lesch, Mathew Sumner, Raldu Potgieter, Xander de Beer, Henrico Lesch, Andrew Wood, Sean Mey en Willie Welman.
Senior B-span: Francois Kleyn (kaptein), Carlo Erasmus, Brian Fuchs, Bruce Noble, Derick Fourie, Cornel Grundlingh, Gerrit Crause en Tersius Baard.
Meesterspan: Thomas Heath (bestuurder), Hennie Kleyn, Tony Harding, Kallie Erasmus, Peet Mey en Kobus de Jager.
Grootmeesterspan: Hennie Kleyn, Tony Harding, Nico Lesch en Johan Strauss.
o.16-span: Tersius Baard (bestuurder), Marius Baard, Tersius Baard (jr.) en Leon van der Mescht.
Damesspan: Andre Nel en Sean Mey (bestuurders), Marina Fuchs (kaptein), Elzanne Cronje, Jackie Yzelle en Antoi Forbes.
FOTOGALERY

Die lede van die Suid-Kaap senior kushengelspan is van links (agter): Hennie Kleyn (bestuurder), Rigard Lesch (hulpbestuurder), Steve Denny (kaptein), Renier Cronje, Niel de Jager, AJ de Beer, Ruan Lesch en Willie Welman. Middel: Mathew Sumner, Raldu Potgieter, Xander de Beer. Voor: Henrico Lesch, Andrew Wood, Sean Mey.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'