TUINROETE HENGELNUUS - Stilbaai-hengelklub het verlede Saterdag die ander klubs uitgestof by die Eden-hengelvereniging se sesde ligakompetisie wat by Boggomsbaai gehou is.
Kyle Small van Knysna was die tophengelaar van die dag en Marriëtte Westraadt van Stilbaai (32.59 punte) was die topvrou.
Juanco Boshoff van Triton-klub in Mosselbaai (27,40 punte) was die beste junior (onder 16) en Kyle Small van Knysna die beste o.21-hengelaar met 69.44 punte.
Die topmeester was Jacobus de Jager van Atlantic-klub met 45.78 punte en die beste grootmeester was Willie Vorster van Stilbaai met 25.73 punte.
Die grootste oneetbare vis - 'n bulrog pylstert van 54,36 kg - is deur Kyle Small ingeweeg en die grootste eetbare vis - 'n kabeljou van 10,87 kg - is deur Mark Bester van Outeniqua-klub in George geland. Alle visse is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Duhan Lesch met 'n sandhaai van 104 cm wat hy uitgetrek het.
Die puntestand ná die sesde ligabyeenkoms is as volg:
A-liga
1. Stilbaai (708.18) 2. Knysna (595.44) 3. Outeniqua (577.72) 4. Triton (573.81) 5. George (530.93) 6. Atlantic (530.33) 7. Mosselbaai (183.13).
B-liga
1. Stilbaai (441.04) 2. Triton (402.24) 3. Knysna (286.79) 4. Outeniqua (274.79) 5. George (268.59) 6. Atlantic (231.34) 7. Mosselbaai (117.48).
C-liga
1. George (140.38) 2. Knysna (70.55) 3. Atlantic (62.07) 4. Outeniqua (49.38) 5. Triton (34.03) 6. Stilbaai (27.85 ).
Die volgende kompetisie word op 23 Februarie tussen Wilderness en Sedgefield aangebied.
Mario Esterhuizen van George met sy 6 kg-kabeljou.
Marizel Esterhuizen het dié sandhaai van 6,1 kg gevang.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'