SUID-KAAP NUUS - Die Eden-hengelvereniging se vierde somerliga is op Boggomsbaai aangebied waar die 145 deelnemende hengelaars altesame 420,92 kg se vis gevang ingekatrol het.
Stilbaai-hengelklub (64.08 punte) het die beste gevaar.
Die tophengelaar was André Coetzee (Stilbaai) met 33,09 punte. Die beste junior van die dag was Luan Els (onder 21) van Triton-hengelklub (Mosselbaai) met 0,91 punte en die topmeester was Johan van Rensburg (Mosselbaai) met 19,99 punte.
Die topgrootmeester was Lester Botha (Knysna) met 14,57 punte en die beste vrouehengelaar was Marina Fouche met 5,96 punte.
Die beste o.16-hengelaar was Michael Buchle met 16,36 punte.
Die grootste eetbare vis - 'n steenbras van 4,33 kg - is deur Henrico Lesch van Outeniqua-hengelklub gevang. André Coetzee van Stilbaai het die swaarste oneetbare vis - 'n koperhaai van 33,09 kg - ingekatrol.
Altesame 132 oneetbare visse is gevang en net 33 was eetbaar. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
'n Baie opgewonde André Burger met die groot belman wat hy uitgetrek het.
Die posisies van die klubs na afloop van die 4de kompetisie was as volg:
A-liga
- Stilbaai 309,43
- Knysna 208,36
- George 197,03
- Triton 174,56
- Atlantic 127,13
- Outeniqua 127,77
- Mosselbaai 91,84
B-liga
- Triton 168,16
- George 121,42
- Stilbaai 101,44
- Knysna 67,97
- Atlantic 66,15
- Outeniqua 17,01
C-liga
- Atlantic a 59,59
- George a 58,48
- Stilbaai c 24,04
- Atlantic b 14,47
- Triton 1,81
- George b 1,12
- Outeniqua 0,38
Top-5-hengelaars na die vierde liga is:
- Renier Nortje (Knysna) 86,63
- AJ de Beer (Stilbaai) 85,10
- Marius Baard (George) 68.73
- Henry Botha (Atlantic) 58,91
- Stefan van Huyssteen (Stilbaai) 53,47
Die volgende kompetisie vind plaas op 20 Januarie in Plettenbergbaai plaas.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'