GEORGE NUUS - Die jaarlikse George Wildman Fishing-galjoenderby vind weer plaas op Saterdag 31 Julie. Daar is groot hengelpryse en gelukstrekkings ter waarde van R44 000.
Pryse is ook beskikbaar vir uitsluitlik dames en juniors van 10 jaar en jonger. Die kompetisie vind plaas vanaf Nature's Valley tot by Stilbaai.
Kaartjies is beskikbaar by die volgende plekke:
- George: George Wildman, Sportcentre; X-Treme Fishing en Reel Run in George;
- Mosselbaai: X-Treme Outdoors; Go Fish en J&J Marine Sales;
- Klein-Brakrivier: Harten Hengel;
- Stilbaai: Still Fishing
- Knysna: Breezers Fishing
Vir enige navrae, skakel 044 873 2149 of Tersius Baard by 082 965 5904.
Marissa Murphy met 'n galjoen van 2,2 kg wat sy by Kleinkrantz gevang het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'