TUINROETE HENGELNUUS - Triton-hengelklub van Mosselbaai het by die Eden-hengelvereniging se agtste ligakompetisie op Stilbaai die ander Suid-Kaapse klubs uitgestof.
Ruben Gouws van die George-hengelklub was die tophengelaar van die dag was met 91.25 punte en Lena Cronjé van Stilbaai (15.73 punte) die topvrou.
Gouws het ook die grootste oneetbare vis, 'n bulrogpylstert van 50,52 kg, ingeweeg. Die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 37,66 kg, is deur Chris Ferreira (Triton) gevang.
Die beste o.16-hengelaar was Michael Buchle (Knysna) met 25.35 punte en die beste o.21-hengelaar was Luan Els (Triton) met 31.72 punte.
Die topmeester was Henry McKay van Atlantic (24.30 punte) en die grootmeester was René Cronjé (Stilbaai) met 18.09 punte.
Die gelukstrekkings is deur al die klubs in Eden geskenk.
Die punte van die klubs na die agtste byeenkoms is as volg:
A-liga: 1. Stilbaai (968.51) 2. Knysna (858.93). 3. Outeniqua (851.31) 4. Triton (834.35) 5. George (773.69). 6. Atlantic (691.61) 7. Mosselbaai (279.39).
B-liga: 1. Stilbaai (595.19) 2. Triton (577.96). 3. Knysna (566.00) 4. George (544.19) 5. Outeniqua (420.07) 6. Atlantic (336.82) 7. Mosselbaai (150.55).
C-liga: 1. George (264.93) 2. Knysna (94.34 ) 3. Outeniqua (94.17) 4. Triton (81.47) 5. Stilbaai (80.01). 6. Atlantic (64.17).
Die volgende kompetisie is op 13 April in Wilderness.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'