GEORGE SPORTNUUS - Die 14-jarige Minke Janse van Rensburg, 'n downsindroomlyer, is gekies as die Wes-Kaapse sportvrou van die jaar met 'n gestremdheid.
Hierdie belowende jong swemmer is verlede Saterdag met dié toekenning tydens 'n spoggeleentheid, by Old Mutual in Pinelands, vereer. Gaste is deur die minister van sport, Anroux Marais verwelkom.
Minke het reeds vyf wêreldrekords agter haar naam, waarvan twee ope rekords (alle ouderdomme), sowel as 15 Afrika-rekords. Sy het ook verlede jaar die bokkie-toekenning vir sportster van die jaar van Bok-radio 98.9 FM ontvang.
Met haar jongste toekenning was Minke een van vier finaliste. Die ander is Elanza Jordaan van die Kaapse Metro (Boccia), Lauren Delport van die Weskus (basketbal) en Charné Felix van die Kaapse Wynland (atletiek).
Minke tydens 'n onlangse byeenkoms waar sy haar eie Afrika-rekord in vryslag verbeter het.
Minke se pa, Hennie Janse van Rensburg, was aan haar sy tydens die groot oomblik. Aletta Janse van Rensburg, Minke se ma, en haar broer Henco is ongelooflik trots op haar jongste prestasie. "Ons is regtig so trots op ou Minkie. My wens vir haar is dat sy net moet swem en swem en gelukkig wees. Sy oefen so hart en probeer so haar bes," het Aletta gesê. Minke word plaaslik afgerig deur Sybeth Hughes.
Oor drie weke word die finaliste vir die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiesie Komitee (Sascoc) se nasionale sporttoekennings bekendgemaak en die Janse van Rensburgs hou styf duim vas vir hul swemmertjie. Minke is verlede jaar genomineer vir die nuweling van die jaar in hierdie kompetisie.
Minke Janse van Rensburg (14) ontvang haar toekenning by Brent Walters, die hoof- uitvoerende beampte van die departement van kultuursake en sport.
Op Facebook het die gelukwensings ingestroom en die Janse van Rensburg-familie word geprys vir hul ouerskap en ondersteuning van hul dogter met spesiale behoeftes.
"Julle is ‘n merkwaardige gesin. Die wonderlikste ouers en twee kinders. Baie, baie geluk uit die diepte van my hart en julle sal altyd deel wees van my lewe," het Noekie Pienaar, haar eertydse dagmoeder, geskryf. Die Janse van Rensburgs hoop dat Minke se prestasie die ouers van gestremde kinders sal aanmoedig om sport te beoefen.
Minke Janse van Rensburg saam met haar pa, Hennie.
Minke Janse van Rensburg (14) ontvang haar toekenning by Brent Walters, die hoof- uitvoerende beampte van die departement van kultuursake en sport.
Minke Janse van Rensburg (14), a swimmer with Down Syndrome, was selected as the Western Cape Sportswoman of the Year with a Disability. This promising young swimmer was honored with this award last Saturday at a prestigious event at Old Mutual in Pinelands. Guests were welcomed by Sports Minister Anroux Marais.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'