Update
GEORGE SWEMNUUS - Die 16-jarige downsindroom swem-sensasie, Minke Janse van Rensburg, is deur Swem Suid-Afrika uitgenooi om aan die proewe vir die 2021 paralimpiese spele in Tokio deel te neem.
Die proewe vind plaas van 7 tot 12 April in Port Elizabeth. Volgens Minke se pa, Hennie Janse van Rensburg, is sy dogter 'n tyd gelede in die paralimpiese ontwikkelingsgroep opgeneem en het hulle geglo dis vir die 2024 paralimpiese spele.
"Hierdie is egter 'n uitnodiging na die proewe vir die 2021 paralimpiese spele in Tokio! Net die feit dat Swem Suid-Afrika haar nooi is verblydend en 'n eer," het hy gesê.
"Minke werk hard en niemand het haar raakgesien nie. Nou hoop ons haar tye is goed genoeg om die span te maak, maar ons is versigtig optimisties. Sy gaan nie hier as downsindroom swemmer teen ander downies deelneem nie, maar in die breë kategorie 'intellektueel gestrem'."
Minke Janse van Rensburg (16) Foto: Michelle Pienaar
Minke Janse van Rensburg (16)
Vorige arikels:
- Minke still doing swimmingly
- Minke verbeter haar eie wêreldrekord
- Sport body sinks swimmers' and other athletes' dreams
- Minke breaks open Africa Record
- Minke skitter met Wes-Kaapse Sporttoekenning
- Nou swem Minke wêreld aan die brand
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'