GEORGE NUUS - Minke Janse van Rensburg het 'n buitengewone dag in die swembad beleef toe sy verlede Saterdag op Knysna aan die Eden-kortbadgala deelgeneem het en haar eie 50 m junior downsindroom-wêreldrekord met nagenoeg twee sekondes verbeter het.
Die nuwe rekordtyd van 36.80 sekondes is ook 'n ope Afrika-downsindroomrekord.
In die 25 m-vryslag het Minke Frankryk se Cleo Renou se junior wêreldrekord met 'n tyd van 17.06 sekondes verbeter het. Met die wentyd het sy ook die Yslander Kirsten Thorsteindottir se ope wêreldrekord gebreek.
Minke het ook in die 100 m-vryslag die Brit Holly Sullivan se junior wêreldrekord met 'n tyd van 1:28.20 gebreek.
Minke (14) hou tans ook die 50 m-langbad ope vryslagwêreldrekord en die 100 m-langbad junior vryslagwêreld.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'