GEORGE NUUS - Die Eden-hengelvereniging se ontwikkelingspan het in Oos-Londen aan die Suid-Afrikaanse rots en strand-hengel se ontwikkelingstoernooi deelgeneem.
Hengelaars van verskeie provinsies was in aksie.
Eden se hengelaars was van klubs in George, Stilbaai, Mosselbaai en Knysna.
Dié toernooi word gehou om opkomende hengelaars te werf en sodoende ondervinding op te doen met die oog om hulle voor te berei vir die sport.
André Els van Mosselbaai het algeheel sesde geëindig en hy is gekies om deel te neem aan die Gus Kolner-ontwikkelingstoernooi wat in Oktober vanjaar in Namibië plaasvind.
Robbie Dampier van George het die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 9,93 kg gevang.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'