OLIMPIESE BRANDERPLANKRY NUUS - Wanneer die Suid-Afrikaanse branderplankryer Bianca Buitendag môre, Dinsdag 27 Julie, aan die kwarteindronde van die vroueafdeling by die Olimpiese Spele in Japan deelneem, sal nie net inwoners van George duime vashou nie, maar ook baie Suid-Afrikaners.
Die 27-jarige Buitendag, wat van Victoriabaai kom, het Sondag na die kwarteindronde deurgedring.
Sy het vanoggend op navraag aan George Herald gesê sy is vol moed dat sy môre goed sal doen. Volgens haar is die Olimpiese Spele ‘n belewenis en sy geniet dit.
LEES HIER: Bianca veilig in Japan
Sy het vroeër op haar Facebook-blad geskryf sy is trots Suid-Afrikaans en sy is dankbaar om dit by elke geleentheid te wys.
Vanjaar is die eerste keer dat branderplankry ‘n Olimpiese sport is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'