GEORGE NUUS - Bianca Buitendag van Victoriabaai het veilig in Japan aangekom waar sy Suid-Afrika verteenwoordig in branderplankry by die Olimpiese Spele.
Bianca, haar afrigter Greg Emslie en ander lede van Suid-Afrika se Olimpiese Span het Saterdag in die land aangekom.
Die 27-jarige Buitendag het Vrydag na Japan vertrek. Sy moet vir twee dae in kwarantyn bly.
Dit is die eerste keer dat branderplankry as Olimpiese sport aangebied word.
Buitendag het vanoggend by navraag aan die George Herald laat weet die plek waar die branderplankry plaasvind open op 20 Julie. Op 23 Julie is daar 'n openingseremonie en 25 Julie om 07:00 is haar eerste deelname. Sy is baie opgewonde en kan nie wag dat die Olimpiese Spele begin.
LEES HIER: Bianca reg vir die Olimpiese spele
Voor haar vertrek het sy gesê natuurlik sal sy 'n goue medalje wil wen maar sy sal tevrede wees as sy 'n podiumplek behaal.
Bianca is 'n oudleerling van Hoërskool Outeniqua.
Bianca Buitendag en haar afrigter Greg Emslie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'