GEORGE TENNISNUUS - Twee juniors van George is stilletjies besig om naam te maak op die tennisarena in Suid-Afrika.
Drikus de Jager en Heike Janse van Vuuren, wat albei van 'n vroeë ouderdom af deur Eduard Steyls van die Great Tennis-akademie afgerig word, het by plaaslike en internasionale toernooie goed rekenskap van hulself gegee.
Heike het onlangs die Vrystaat Growthpoint Super 8 enkels- en dubbelspel vir dogters o. 16 gewen.
Sy het ook Suid Afrika se o.16-span by die Afrika Junior Kampioenskappe in Tunisië verteenwoordig.
Drikus het Suid-Afrika se o.14-span verteenwoordig by die Afrika Junior Kampioenskappe in Benoni verteenwoordig en algeheel derde geëindig - die beste van al die Suid Afrikaners.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'