GEORGE TENNIS NUUS - Die Eden Mini Masters-toernooi wat verlede naweek by die Great Tennis-akademie in George aangebied is, het weereens bewys dat die Suid-Kaap oor 'n talentpoel van die land se belowendste juniors beskik.
Van die meer ervare plaaslike juniors, soos Chandré Boshoff, Heike Janse van Rensburg, Martin Mostert en Drikus de Jager, het weer uitgeblink en almal na Sondag se eindstryde in hul onderskeie ouderdomsgroepe deurgedring.
Chandré het Heike in die vroue-eindstryd in 'n titaniese stryd in drie stelle verslaan terwyl Drikus vir Martin in twee stelle gewen het.
Die 12-jarige Anja Bezuidenhout, 'n leerder van Laerskool George-Suid, het vir nog 'n topvertoning gesorg deur die dogters o.12-titel in te palm. Vroeër vanjaar het sy ook die Eden Tecfibre Grand Prix-titel verower.
Sy is nou die twaalfde beste speler in haar ouderdomsgorep in Suid-Afrika en is welverdien
Tennis van hoogstaande gehalte is deur van die beste junior spelers in die Suid- en Wes-Kaap ten toon gestel by die Eden Mini Masters-toernooi wat verlede naweek by die Great Tennis-akademie in George aangebied is.
Chandré Boshoff, wen die vrouetitel.
Die uitslae van die eindstryde in die verskillende ouderdomsgroepe op Sondag was:
- Seuns o.10 Riley Clark klop Cooper Western 6-4, 7-6.
- Dogters o.10 Tara Ferreira klop Suzaan le Roux 6-3, 6-0.
- Seuns o.12 Xander Pienaar "walkover" teen Milan Strydom.
- Dogters o.12 Anja Bezuidenhout klop Nika Potgieter 6-1, 6,2.
- Seuns o.14 Drikus de Jager klop Martin Mostert 6-2, 6-1.
- Dogters o.14 Annika Kleinhans klop Liebe Oosthuizen 6-1, 6-0.
- Vroue Chandré Boshoff klop Heike Janse van Vuuren 5-7, 6-4, 10-8.
- Mans Johan-Louis Vos klop Daniël Wessels 6-1, 7-5.
Drikus de Jager het die o.14-titel by die Eden Mini Masters-toernooi gewen. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'