GEORGE NUUS - Die George-tennisklub se dubbelsklubkampioenskappe het weer tennis van hoogstaande gehalte opgelewer.
Henriëtte Stander, president van die klub, het aan die George Herald gesê hulle is besonder trots op die junior spelers wat al meer sigbaar by George betrokke raak.
Sy sê die klub het drie jaar gelede 'n wilsbesluit geneem om aan gekose juniors geborgde lidmaatskap aan te bied.
"Dit het beslis vrugte afgewerp en ons juig nou oor die dividende wat dit oplewer. Dié juniors is immers George se toekoms."
In die mansdubbels het Charl Opperman en Eduard Steyls vir Willie Breytenbach en Corné Smit met 7-6, 6-3 geklop terwyl Bernice Bezuidenhout en Naledi Mnyuba met Heike Janse van Vuuren en Anna de Villiers met 6-1, 6-1 in die damesdubbels afgereken het.
In die gemengde dubbelspel het Damien Nezer en Naledi Mnyuba vir Helgard Muller en Karin Deltenre met 6-4, 1-6 en 6-3 geklop.
In die gemengde dubblespel het Damien Nezer (tweede van regs) en Naledi Mnyuba (regs) vir Helgard Muller (links) en Karin Deltenre (tweede van links) geklop.
Bernice Bezuidenhout (tweede van regs) en Naledi Mnyuba (regs) het Anna de Villiers (links) en Heike Janse van Vuuren (tweede van links) in die eindstryd van die damesdubbels geklop. By hulle staan Henriëtte Stander, president van George-tennisklub.
In die eindstryd van die mansdubbels by die George-dubbelskampioenskappe het Eduard Steyls (links) en Charl Opperman (regs) vir Willie Breytenbach en Corne Smit met 7-6, 6-3 geklop. Henriëtte Stander (president van George) het die trofee aan hulle oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'