Victor Matfield, wat die gunsteling-keuse was om die kapteinskap by die beseerde Jean de Villiers oor te neem, is nou ook op die beseringslys.
Schalk Burger, Fourie du Preez, Duane Vermeulen of selfs Francois Louw kan vandag as kaptein aangewys word om die Bokke Saterdag hier in ’n Wêreldbeker-toets teen Skotland op die veld te lei.
Matfield het sy dyspier teen Samoa beseer en daar is tot Dinsdag gehoop dat hy betyds sou herstel.