GEORGE RUGBY NUUS - Die wedstryd tussen die SWD Arende en die Griffons in die 1ste divisie van die Curriebekerreeks wat vanmiddag,2 Julie, om 17:00 op Outeniquapark sou plaasvind is afgestel.
Dit is kort gelede deur Eddie Myners afrigter van die Arende bevestig. Volgens Myners sal SA Rugby later 'n verklaring uitreik.
Die span is uiteraard baie teleurgesteld, maar berus by die besluit. "Die span was reg vir die wedstryd. Dis iets waaroor ons nie beheer het," het Myners gesê.
"Die spelers se veiligheid is die belangrikste. Dis ‘n terugslag vir ons veldtog in die reeks, maar ons het vrede daarmee gemaak."
LEES HIER: Terugslae kry Arende nie onder
Die Griffons het reeds Donderdagoggend uit Welkom in George aangekom. Hulle moet nou terugkeer sonder dat hulle die wedstryd teen die Arende gespeel het.
Verlede naweek moes die wedstryd van die Arende teen die Luiperds in Potchefstroom ook afgestel word. Dit was nadat twee van die Arende se spelers positief vir Covid-19 getoets is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'