GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die vreugdevure brand vanaand hoog in die SWD nadat die SWD Arende die Zimbabwe Goshawks met 48-0 geklop het.
Dit was die Arende se grootste oorwinning in vanjaar se eerste divisie van die Curriebekerreeks.
Die wedstryd is op die Arende se tuisveld op Outeniquapark beslis en die span het sommer uit die staanspoor lus gelyk vir rugby.
Teen rustyd was die span reeds 19-0 voor. Die span het in die eerste helfte drie keer agter die doellyn gaan kuier.
In die tweede helfte het die Arende daarop voortgebou en nog vyf keer die bal agter die doellyn gaan neersit.In totaal het die Arende dus 8 keer gaan druk.
Die Goshawks het by tye verbete teruggeveg,maar die Arende was vir die grootste deel in beheer.
Die oorwinning beteken dat die Arende ses wedstryde in die reeks gespeel het waarvan hy 4 gewen het en twee verloor het.
VIDEO - Shaun Raubenheimer praat met George Herald (Video:Eugene Gunning).
VIDEO -Anton Moolman praat oor die Arende se wedstryd (Video:Eugene Gunning).
VIDEO -SWD Arende klop Zimbabwe Goshawks (Video:Eugene Gunning).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'