GEORGE RUGBY- Evergreens en Multisure Crusaders is die groot gunstelinge om Saterdag die Sportbeat Micfin T20-rugbykompetisie te wen en met die wenprys van R15 000 weg te stap.
Albei spanne het mekaar verlede jaar in die eindstryd van die SWD Premierliga-klubkompetisie gepak met Crusaders wat as die kampioen gekroon is. Die totale prysgeld beloop R55 000 en word deur al die spanne gedeel.
Evergreens het vir Silver Stars verlede Saterdag in die uitspeelrondes met 31-0 kafgedraf terwyl Multisure Crusaders vir Uniondale met 39-5 geklop het nadat hulle met rustyd met 5-0 agter was.
Maar Evergreens moet eers Oudtshoorn se All Blacks, en moontlik Harlequins, uitskakel voordat hy die eindstryd kan haal. Insgelyks moet Crusaders met Blanco, en moontlik Bridgton, afreken voordat hy kan deurdring.
Die aksie begin om 12:00 op Outeniquapark.
Kaartjies kos R30 per persoon en R50 vir bespreekte sitplekke. Kinders onder 12 kom gratis binne. Veilige parkering is R20.
Saterdag 29 Februarie sal die eerste skote klap om 12:00 op Outeniquapark om te bepaal wie is die 2020 wenner.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'