GEORGE NUUS - SWD-rugby het vandag, 29 Junie, om verskoning gevra aan spelers en ouers van die unie se Grant Khomo-span oor probleme met kleredrag.
Ouers, spelers en mense wat naby die Grant Khomo SWD o.16-span beweeg het vroeër aangedui hulle is baie ongelukkig oor die probleme met klere en toerusting van die span.
Die toernooi het Maandag by Hoër Landbouskool Boland naby die Paarl begin en maak vandag klaar.
Volgens van die betrokkenes wat verkies om anoniem te bly het SWD sleg afgesteek by ander unies en dat dit strek ook na ander spanne van SWD in soortgelyke rugbytoernooie in die dae. Dis moeilik om in sulke omstandighede jou beste te lewer.
Hull eis antwoorde en dis nie uitgesluit dat hulle die aangeleentheid verder gaan neem nie.
Veda Manie, bestuurder van SWD-rugby het by navraag gesê ongelukkig het hulle ‘n paar probleme met ‘n verskaffer gehad. Die klerasie kon nie alles in tyd gelewer word nie.
“Die Unie wil weereens verskoning vra aan elke seun en ouer vir die teleurstelling, maar wil bevestig dat die seuns definitief uitstaande items sal ontvang al is dit na die toernooi.
“Ons is reeds besig om die proses te hersien om dieselfde probleme te verhoed in die vervolg.”
Veda Manie, bestuurder van SWD-rugby het by navraag gesê ongelukkig het hulle ‘n paar probleme met ‘n verskaffer gehad. Die klerasie kon nie alles in tyd gelewer word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’