RUGBY NUUS - Die SWD-rugbyunie het na die eindstryde van die klubrugby op Saterdag 14 September die beste spelers van die verskeie ligas aangewys.
Die spelers van die jaar is as volg:
Eerste Liga Wes: Raymond Esterhuizen (Bitou)
Eerste Liga Oos: Charlton Prinsloo (Adias)
Eerste Liga A (agterspeler): Jason Jonas (Happy Hearts) en Luigi Coetzee (Eagle Stars)
Eerste Liga A (voorspeler): Jeremy Tamboer (Happy Hearts)
Uitdaagbeker (agterspeler): Dailin Moos (Evergreens) en Gertwin Jonathan (Harlequins)
Uitdaagbeker (voorspeler): Julian Treurnicht (Evergreens) en Nicolas Stephanus (Riversdal Blues)
Superliga A (agterspeler): Eric Zana (Progress) en Ronaldo Fortuin (Blanco)
Superliga A (voorspeler): Lyndon Hartnick (Heidelberg)
Phangela/Sportbeat voorspeler van die jaar: Marquin Smart (Groot-Brakrivier)
Phangela/Sportbeat agterspeler van die jaar: Roshwin Abrahams (Groot-Brakrivier)
Die Eerste Liga Wes speler van die jaar toekenning word oorhandig deur Meryl Daniels (uitvoerende bestuurslid: SWDRVU) aan Raymond Esterhuizen (Bitou).
Die Eerste Liga A agterspeler van die jaar toekenning gaan aan Jason Jonas (Happy Hearts).
Die Uitdaagbeker voorspelers van die jaar is van links: Bennie Jantjies (ontvang namens Nicolas Stephanus van Riversdal Blues), Ig van der Merwe (uitvoerende bestuurslid: SWDRVU) en Julian Treurnicht (Evergreens).
Dailin Moos (Evergreens) ontvang die Uitdaagbeker agterspeler van die jaar toekenning vanaf Julian Buis (uitvoerende bestuurslid: SWDRVU).
Die Phangela/Sportbeat voorspeler van die jaar is Marquin Smart (Groot-Brakrivier) Foto's: Ebrahim America
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’