GEORGE RUGBY NUUS - SWD-rugby het 'n groot hupstoot gekry met 'n borgskap van Living Brands. Hulle is die eksklusiewe verskaffer van Sport Strapping vir die SWD Arende. Living Brands Tape & Bandages is ook al vir meer as 12 jaar op DisChem se rakke beskikbaar.
Living Brands borg die SWD Arende en die SWD-vrouerugbyspan se mediese spanne met mediese sigbare drag tydens wedstryde. Die eerste van die drag is Vrydag 18 Junie kort voor die wedstryd tussen die Arende en Valke aan SWD-rugby oorhandig.
Innis Erasmus, besturende direkteur van Living Brands, het gesê die spelers begin nou weer met wedstryde na lang kondisionerings en af- en voorseisoen.
"Voorkoming van beserings en ook spelerwelstand is iets wat ons na aan die hart lê. LB Tape & Bandages gee nodige selfvertroue en ondersteuning vir spelers se gewrigte en spiere om terugkeer na kontaksport te bewerkstellig."
Martin de Vos van SWD-rugby en spanbestuurder van die Arende, het gesê Living Brands is voorwaar een van die voorste verskaffers van pleister en verbande in die streek.
Hierdie borgskap bied weereens 'n geleentheid aan beide entiteite om hul handelsmerk uit te brei.
Innis Erasmus (links) besturende direkteur van Living Brands, Martin de Vos van SWD-rugby en Lindie Swiegers, fisioterapeut van die SWD-vrouerugbyspan. Hier hou hulle 'n trui vas wat steunpersoneel tydens wedstryde dra. Darryl Claasen, fisioterapeut van die SWD Arende, kon ongelukkig nie teenwoordig wees nie.
Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'